Active since May 2017
One off the best resort under the Holiday Clubs portfolio, Would recommend the lodge for rest and comfort.
Friendly and the help what i got was very good

Nadat ek kennis gekry het dat my Petrolkaart nr ********** ********** 2 gaan verval en my nuwe kaart by die plaaslike tak Robertson afgehaal kan word het ek besluit om dit te kanselleer. Het telefonies uitgevind as ek die uitstaande bedrag aflos kan ek die kaart kanselleer.

Op 05 April 2017 het ek die berdag van R13.00 oorbetaal uit my lopende rek deur 'n oorplasing wat ek gedoen het.

Dieselfde dag nl 05 April 2017 is ek na die plaaslike bank en die kassier Wayne het my gehelp om die kaart te kanselleer waarna hy die nuwe kaart op gesnipper het en my verseker die kaart rekening is iets van die verlede.

Op 02 Mei 2017 stuur ek 'n e mail aan Gilda Curran dat ek sien daar gaan nog kostes deur die rekening en dat sy die saak moet ondersoek deurdat die kaart gekanselleer is.

Op 03 Mei 2017 skakel ek haar telefonies waar in sy erken sy het die e mail gekry en dat sy werk gemaak het daarvan,

Op 04 Mei 2017 probeer ek haar weer bel en word 'n duidelike boodskap gelos dat sy my moet terugskakel omrede ek sien daar is R18.98 verhaal uit my Capitec bank rekening.

Op 05 Mei 2017 skakel ek weer, want Hilda het my nie terug geskakel, weereens kon sy nie met my praat nie en ek vra toe vir Henk Badenhorst.

Sy antwoord aan my:

1. Dat hy persoonlik kennis dra van die probleem

2. Hy bevestig dat die kaart nooit gekanselleer is nie, maar betwis nie die feit dat dit die bank se fout is nie.

3. Dat hy die kaart gekanselleer het en uit sy eie sak die kostes betaak het op 04 Mei 2017 van R32.00

My vrae aan hom:

1. Dat daar reeds koste van R18.98 uit my Capitec rekening verhaal is ten voordeel van Nedbank op 03 Mei 2017.

2. Hy het eerstens erken dit is onmoontlik maar toe gese dat die regstelling gedoen sal word en ek die regstelling sal sien op Dinsdag 08 mei 2017.

3. Hy het my verder meegedeel dat hy op verlof gaan maar dat hy alles met Estelle Els bespreek het en ek haar moet bel op Dinsdag 09 Mei 2017 as die regstelling nie gedoen is nie.

Dinsdag 09 Mei 2017

1. Ek het Estelle Els geskakel en haar meegedeel dat die geld nie terug betaal is nie.

Sy het my meegedeel al waarvan sy kennis dra is dat die kaart gekanselleer is verder kan sy niks aan die saak doen nie.

Sy het my meegedeel dit is nie hulle probleem nie en dat ek die saak maar met Capitec Bank moet opneem dat hulle die geld kan terugskryf. Dit was nie vir haar 'n probleem dat dit geld gaan kos nie

My vraag maar dit is mos onprofesioneel het sy my meegedeel ek moet maar 'n "Call centre" skakel en my probleem met hulle bespreek. Ek was natuurlik nie te vinde daarvoor nie.

Ek het dit duidelik gemaak ek sal maar die media se hulp vra waarop sy die onprofesionele persoon wat sy is die telefoon in my oor neer gegooi het.

Graag verneem hoe lank moet ons met hierdie bully taktiek van die banke aanvaar en hoe kry ek my geld terug wat wederregtelik uit my rekening verhaal is.

Willie van Heerden

********** 539

Robertson

© Copyright 2026 hellopeter.com and its affiliates. All rights reserved.