Active since Apr 2013
Ons is al vanaf 2009 (volgens lidmaatskap sertifikaat) lede (opsie: Medvital) van Medihelp en het nog altyd goeie diens ontvang. MAAR gedurende Feb 2026 is Mnr Human afgele by sy werk en is ons nou net afhanklik van pensioen. Ons moes sny op alle uitgawes. Ek het op 7 April 2026 'n epos gerig aan [email protected], die situasie verduidelik en versoek dat Medihelp ons tegemoet sal kom om na 'n laer opsie te verskuif. Die antwoord wat ons terug ontvang het was dat dit nie gedoen kan word nie. Ons moes dit glo al in Nov 2025 versoek het. Ons het nie in Nov 2025 geweet van die aflegging nie. Ek het ook weer telefonies met 'n konsultant gepraat maar die antwoord bly nee. Dit beteken ons moet bedank op die Medvital opsie en heraansoek doen vir die Medvital Elect opsie. Omdat ons al soveel jare lede is, was ons nog op die stelsel waar betaling van die premie aan die einde van 'n spesifieke maand is. Dit het verander om soos ander fondse vooruit te betaal. Dit beteken dat sou ons nou aansluit by die Medvital Elect opsie moet ons op 1 Junie twee mediese fonds premies betaal. Dit is nie finansieel moontlik nie. Ek hoop dat iemand in die Medihelp raad kan help met ons probleem.
Uitstekende diens ontvang van Elliriza ivm.die keuse van korttermynversekering en dit in jou eie TAAL. Hulle doen al die werk en jy maak net die keuse. Puik!
I would have liked if any of the consultants was able to assist me in Afrikaans. From the beginning I said that I was busy reviewing my short term insurance. I am insured so there was no rush but they phoned me so often that I have blocked all the numbers coming from HIPPO. Maybe that is the way HIPPO does business but it feels to me like harasment.
Ek moes, agv Crohn's se siekte sedert 2013, weer vir 'n kolonoskopie en gastroskopie gaan by 'n netwerkspesialis. Ek het die keuse gehad om teater toe te gaan of dit onder narkose by die dokter se spreekkamer te laat doen. Ek het die fonds geskakel maar hulle het gese dat ek nie 'n magtigingsnommer benodig nie. die dokter se spreekkamer het dit ook bevestig. Tydens die prosedures het dokter 3 mosters geneem en na Ampath gestuur vir ontleding. Medihelp se omdat ek op Prime 1(hospitaaplan) is, is patalogie dienste nie ingesluit nie. Een van die Ampath toetse (R619) is wel deur die fonds betaal maar die ander 2 ( R1789.70) nie. Hoe het ek dan sekere patologie voordele op Prime 1 en op ander nie? Sou ek die keuse gemaak het om in die hospitaal opgeneem te word, sou die fonds die volle rekening van R30842.26 (patalogiedienste ingesluit)betaal het teenoor die spreekkamer se bedrag van R10207.26, 'n Besparing van R20635.00 vir die fonds. Ek voel dat daar teen my as pasient gediskrimineer is omdat ek die spreekkamer opsie gekies het. As ek geweet het dit gaan die situasie wees het ek beslis vir opname in die hospitaal gegaan. Pasiente/lede moet baie seker maak wat en wanneer word voordele betaal anders gaan dit vir jou as pasient se rekening wees.
© Copyright 2026 hellopeter.com and its affiliates. All rights reserved.