1 reviews | Active since Member
Ons is al vanaf 2009 (volgens lidmaatskap sertifikaat) lede (opsie: Medvital) van Medihelp en het nog altyd goeie diens ontvang. MAAR gedurende Feb 2026 is Mnr Human afgele by sy werk en is ons nou net afhanklik van pensioen. Ons moes sny op alle uitgawes. Ek het op 7 April 2026 'n epos gerig aan [email protected], die situasie verduidelik en versoek dat Medihelp ons tegemoet sal kom om na 'n laer opsie te verskuif. Die antwoord wat ons terug ontvang het was dat dit nie gedoen kan word nie. Ons moes dit glo al in Nov 2025 versoek het. Ons het nie in Nov 2025 geweet van die aflegging nie. Ek het ook weer telefonies met 'n konsultant gepraat maar die antwoord bly nee. Dit beteken ons moet bedank op die Medvital opsie en heraansoek doen vir die Medvital Elect opsie. Omdat ons al soveel jare lede is, was ons nog op die stelsel waar betaling van die premie aan die einde van 'n spesifieke maand is. Dit het verander om soos ander fondse vooruit te betaal. Dit beteken dat sou ons nou aansluit by die Medvital Elect opsie moet ons op 1 Junie twee mediese fonds premies betaal. Dit is nie finansieel moontlik nie. Ek hoop dat iemand in die Medihelp raad kan help met ons probleem.
Best regards,
Best regards,
© Copyright 2026 hellopeter.com and its affiliates. All rights reserved.