1 reviews | Active since Member
Ek wil graag vir FinFix baie dankie sê vir die uitstekende diens wat ek ontvang het vanaf Maart 2025 tot Mei 2026. Ek sou oorspronklik eers in Desember 2026 klaar betaal het, maar ek was gelukkig genoeg om my rekening vroeër te kon vereffen.
Gedurende my hele tyd by FinFix was die diens en kommunikasie altyd professioneel, vriendelik en vinnig. Toe ek my rekening finaal wou afhandel, het ek seker baie oproepe, WhatsApps en vrae gestuur, maar Leah en Chantel het my altyd met geduld en respek gehelp. Hulle het alles mooi verduidelik en my deur elke stap gevat.
Dit voel amper of ek hulle persoonlik ken na al die kommunikasie.
FinFix is regtig ’n maatskappy wat mense met respek, begrip en omgee behandel. Hulle laat jou nooit sleg voel oor jou skuld nie en ondersteun jou deur die hele proses.
Baie dankie aan die hele FinFix span — en spesiaal aan Leah en Chantel — vir julle uitstekende diens en vriendelikheid!
Best regards,
Best regards,
© Copyright 2026 hellopeter.com and its affiliates. All rights reserved.