1 reviews | Active since Member
Na aanleiding van PSG se antwoord 16 Maart 2026 het die 2 besigheidsdae verstrek en geen terugvoering ontvang. Hier is n opsomming van gebeure met PSG as eksekuteur met die nodige bewyse: Oorspronklike testament laat wegraak, Dokumentasie verkeerdelik ingehandig te Meesters kantoor Blm en eiendom gelee te Kbly, die regstelling van nodige dokumentasie is n paar maande daarna na korrespondent van PSG te kbly ingehandig, Na vele maande se sloer en emails word daar besef dat die eiendom se erf grootte verkeerd is. Ten tye van inhandiging by Akte kantoor word dit verwerp agv verkeerdelike datums. Eksekuteur by PSG het afgesterwe in 2025 en sy is nooit vervang met n nuwe eksekuteur en sodoende moes die Meester weer genader word om weer iemand aan te stel. PSG per email verwittig my dat ek R160 000 aan hul moet ootbetaal so bykans 16,5% is van die koopsom van die eiendom. Die maksimum van 3.5% wat deur die wet voorgeskryf word van toepassing. Die geld aan my verskuldig het ek persoonlik aan die elektrisient betaal om alle foute te herstel wat ek ook namens die boedel betaal het sodat elektrisiteitsertifikaat uitgereik kan word. Geen uitstaande gelde wat verskuldig is aan my, is nog nie aan my terugbetaal met rente.
© Copyright 2026 hellopeter.com and its affiliates. All rights reserved.