Active since Jul 2019
My ma het verlede jaar n groot galblaas operasie gehad en moes n maand in Eugene Marais gele het sy was toe ook incubated vir meer as 2 weke . Nou in 2021 Covid moes My Moeder was vir amper 2 maande in Eugene Marais hospitaal wees . Die 11de Oct het hulle haar oorgplaas Medstep toe . Hulle kyk nie na hulle pasiente nie . Hulle wil net geld maak van die mediese Fondse af. My het ingegaan dat hulle haar moet leer loop ons weet as gevolg van die Covid is sy baie deurmekaar. In die eerste plek ruk my ma se hande so dat sy omtrent niks kan vas hou nie maar hulle bring vir haar warm tee en los dit net daar , help haar nie om te drink nie . As sy nou self dit gevat het want sy was lus vir tee en haar self verbrand het wie se skuld sou dit geweees het. Nee nie hulle skuld nie. Ek kon haar vir 3 dae nie gaan sien het nie want ek was siek maar my jongste seun het vir my gese sy huil sy het seer in haar agter rug . Saterdag toe ek daar kom toe huil sy so en se vir my sy het nog steeds seer in haar rug . Ek vra toe vir die suster wat gee hulle vir haar vir die pyn hulle gee toe die naam van die pil en ek se toe vir hulle dit werk nie met my ma nie . Hulle moet asb die Dr bel dat sy iets anders voorskryf . Maar ek het vir myself gese as jy vir 3 dae so seer het en hulle gee net pille en dit werk nie hoekom doen hulle nie iets aan dit nie se vir die Dr op diens . En met haar vorige nier en galblaas operasie net n jaar terug het ek net aan haar gedink en haar self uitgeboek en terug gesit in Eugene Marais hospitaal. Die diagnose van hospitaal saterdag aand was NIERPYPONTSTEKING EN BLAASINFEKSIE . . Is dit hoe Medstep na hulle pasiente kyk. En wil nie luister as die besoekers na hulle toe gaan en vetel as die pasient by hulle besoekers kla oor hulle pyn nie . Eugene Marais se Susters bel my maandag en se vir my mag hulle asb n foto neem van my ma se rug . Ek se ja julle mag, maar wat is fout .? Toe ek daar kom was my moeder se rug vol sere . Nou hoekom het Medstep dit nie vir my gese of gewys nie . Nooit nooit ooit sal enige van my familie daarheen gaan nie .